Design a site like this with WordPress.com
Spring weg

Boerbeskuit

Knorrige ou oom

Boerbeskuit is vir Vrystaters soos manna uit die hemel, maar nie as die dekselse goed jou vermy of met jou baklei nie.

Soos dit ʼn opregte Vrystater betaam, gooi ek vanoggend ʼn stuk winkelbeskuit in my koffie en probeer hom met my teelepel verdrink. Die verdomde ding wil nie sink nie en pop sy kop aanhoudend soos ʼn drenkeling uit. Druk ek links met die teelepel, dan spring die bokkertjie regs uit. Val ek regs aan, swenk hy rats anderkant toe. Verdomde ding!

Vars gewapen met ʼn groter houtlepel uit die kombuis, probeer ek die winkelbeskuit slaan dat hy hystoe verlang, maar hy pypkam link-om soos ʼn lewendige paling in ʼn pot kokende sop. Nou is ek kwaad, en honger. Ek gaan haal ʼn silwer soplepel uit die kombuis, groter is as ʼn sopbord, maar hy pas nie in my beker boeretroos nie. Die dekselse stuk winkelbeskuit lê skaamteloos vir my en grynslag.

Ek is smoorkwaad en gaan haal my wynpars uit die motorhuis. Nou gaan ek jou ʼn dure les leer, jou maaifoedie. Maar die wynpars is te sterk en breek my beker boeretroos middeldeur, jy sien net skerwe spat. My oranje Cheetah-koffiebeker is stukkend en die winkelbeskuit lê ongedeerd op die vloer. Ek kon sweer hy hou sy maag vas soos hy lag.

Knorrend op pad motorhuis toe, gooi ek die swernoot by die venster uit, vir die Egiptiese eende hierbuite. Hoop hulle verstik aan die blêddie ding. Ek is oppad Vrystaat toe, om ʼn regte stuk boerbeskuit by ʼn egte boeretannie op ʼn regte Vrystaatse plaas te gaan koop. ʼn Gehoorsame stuk boerbeskuit, een wat luister as jy met hom praat.

Gepubliseer deur Henning van Aswegen

Henning van Aswegen lives in Gordon's Bay, a small coastal town East of Cape Town, South Africa. His books and stories can be found at Kraal publishers, South Africa, on Amazon/Kindle and Rabbit Trails publishers.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Knorrigeouoom, mens moenie jou staaltjies sit en lees terwyl jy besig is om aan ‘n taai BarOne te kou nie. Ek het nou so gelag vir die vertelling dat die stuk tjoklit skoon dwars in my keelgat gaan vassit het. Heerlike vertelling van koppige beskuit en boeretroos!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: