
Ons kyk na een of ander raserige Amerikaanse fliek op teevee, ons held diep in die moeilikheid by sy aanvallige metgesel. Smoorkwaad snou sy hom iets toe, maar kwarteldowe ek hoor nie mooi nie. “Wat sê sy?” Ek druk die kykstokkie twee keer, maar hoor niks. “Waarom sê sy vir hom; “you better get yourself a glass of water? Wat het dit nou met die storie te doen?”
Belinda val van die bank af en rol op die mat rond soos sy lag. Die kat laat spaander in alle rigtings. Naderhand kry sy haar asem terug en sit hygend regop. “Hy het… hy het… gesê… “you better get yourself a damn good lawyer.” Toe begin sy weer lag. 😅
🤣
LikeLike