Design a site like this with WordPress.com
Spring weg

Knorrige ou oom

Breinskade en bekbranders

Fred de Vries het ʼn deurbraak boek geskryf – Rigtingbedonnerd, op die spoor van die Afrikaner post-’94 (2012, Tafelberg). Lees hom! Dit is ʼn koue, harde kyk na die siel van die Afrikaner en antwoord min of meer die eksistensiële vraag waarmee almal wat die taal praat, sukkel. Wat de hel het met ons gebeur?

Die rede waarom ek aan die boek dink, is ʼn ma en seun wat nourie-anneraand hier by my aan tafel sit. Die seun – groot, sterk, aantreklik – is dommer as grond en ek wonder waarom? Wat het gebeur met jong Afrikaansprekende mans, veral na ’94 soos Fred vra? Die ou het nie matriek klaargemaak nie, te ongeduldig om die lewe aan te pak, op sy eie engterige en bekrompe manier.

Hy praat opgewonde van ʼn “gap year” vat, maar hy werk nie, studeer nie, lees nie, doen geen sport nie, gaan nie army toe nie, werk nie in sy ma se tuin nie, gebruik woorde wat na babataal klink en staar onbegryplik na my toe ek vra wat sy toekomsplanne is. Hy is negentien jaar oud en praat die hele tyd oor sy selfoon, terwyl sy ma, wat as enkelouer finansieël baie swaar kry, hom hulpeloos aanstaar.

Op negentien was ek ʼn diensplig-luitenant, klaar die weermag se regseksamen afgelê, aand na aand in die universiteit se buitemuurse klasse. Gretig om iets van die lewe af te leer, om uit te vind hoe die wêreld werk, waarom oorloë plaasvind en kapitalisme beter is as kommunisme, angstig om te bepaal hoe min ek weet. Speel muurbal, sokker, tennis, waterpolo en probeer ʼn marathon hardloop om vir Comrades te kwalifiseer. Ek het gedink dit is wat ʼn gemiddelde ou moet doen om êrens lanks die pad ʼn officer en ʼn gentleman te word.

Desperaat probeer ek mentor, raad gee, nooi hom uit om alles in my bib te kom lees, maar sy dowwe blik en neergeslane oë soek weer sy selfoon op. My uitnodiging staan, maar ek sien hom al in die rondte in die dorp, agter ʼn meisietjie aan. Binnekort word hy pa en ek het nie eers meer ʼn handoek om in te gooi nie.

Gepubliseer deur Henning van Aswegen

Henning van Aswegen lives in Gordon's Bay, a small coastal town East of Cape Town, South Africa. His books and stories can be found at Kraal publishers, South Africa, on Amazon/Kindle and Rabbit Trails publishers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: