Al hoe meer dokters spreek hul dankbaarheid uit v ir inentings (masels, polio, tuberkulose (BCG), longontsteking, enkefalitis) – inentings wat sedert die jare vyftig verpligtend in Suid-Afrika is. Mediese en akademiese artikels, met inbegrip van die onlangse NYIT-studie (Media 24/The Citizen), bevind dat lande waar die TB-inentings verpligtend is, minder Covid-19 sterfgevalle ondervind, as lande waar immunisering nie verpligtend is nie.
Ek wonder nou net hardop, Cyril, gaan die ANC/SAKP-korrupsieregering ʼn dankie-briefie aan die vorige apartheidregering skryf, net om dankie te sȇ?
Dankie vir ʼn 70-jaar oue gesondheidsbeleid waar elke kind in Suid-Afrika, hetsy wit, swart, geel, pers of enige ander reënboogkleur, agtien (ja, 18), verpligte soorte entstowwe toegedien word, voordat hulle vyf jaar oud word. Baie van hierdie entstowwe en immuniserings het te doen met respiratoriese siektes – presies die teiken van die Coronavirus wat deur die Wȇreld Gesondheidsorganisasie (WHO), as ʼn “respiratory illness” beskryf word.
Julle ANC-ouens het mos lang geheue – as ek nou reg onthou het ANC/SAKP kaders tot onlangs nog lustig vir Jan van Riebeeck en ander kolonialiste blameer vir min of meer alles wat sedert 1994 in Suid-Afrika verkeerd geloop het. As dit dan reg is om te blameer vir dinge wat verkeerd is, is dit mos eties korrek om dankie te sȇ vir dinge wat reg is? Julle ANC/SAKP-ouens kan sommer die briefie by die FW de Klerk-stigting in Kaapstad se voordeur laat aflewer, FW was mos op ʼn stadium minister van gesondheid in die ou bedeling.
Dit sal nie die eerste keer wees dat die apartheidregering julle korrupsieregering se agterente red nie, Cyril. Daar is ʼn hele paar ander redes waarom die Coronavirus se impak nog nie ten volle in Suid-Afrika gevoel word nie. Hospitale en mediese infrastruktuur – dinge wat julle sonder om dankie te sȇ, van die vorige regering geërf het. Byvoorbeeld Suid-Afrika se groot militȇre hospitale, wat deur PW Botha en sy apartheidtrawante gebou is. Hoeveel nuwe hospitale het die korrupsieregering met belastingsbetalers se geld gebou? Ek dink jou antwoord is naby aan nul, Cyril.
Die FW de Klerk-stigting se adres is 163 Uys Krige-laan, Plattekloof, Kaapstad, Cyril. Ek is seker FW sal ʼn kopie van julle dankiebriefie aan ʼn paar ander ouens, wat ook destyds vir die apartheidregering gewerk het, faks.