
Ramaphosa spreek doodsvonnis oor Suid-Afrika se ekonomie uit
Cyril Ramaphosa se skokkende uitspraak dat Suid-Afrika se 450 bankrot staatsondernemings nooit geprivatiseer sal word nie, veroordeel Suid-Afrika en sy drooggesuigde belastingsbetalers tot lewenslange bankrotskap. Solank die korrupte ANC/SAKP in hierdie verdomde verdoemde land aan bewind bly, is enige sprake van finansiële en ekonomiese rehabilitasie buite die kwessie.
Suid-Afrika se vier miljoen miljoenêr-staatsamptenare en staatsondernemingspersoneel, word met hierdie stompsinnige uitspraak verseker van ʼn luukse lewe, gewaarborgde mediese skemas, gesubsidieërde Mercedes Benze, ʼn lekker vet dertiende tjek, lagotlas by die dosyne en korrupsie ad infinitum.
Suid-Afrika se stompsinnige ANC/SAKP is seker die enigste politieke party in die wȇreld wat nog aan Vader Kersfees, Haas Das, die tandmuis en ʼn kommunistiese nirvana glo. Dat Karl Marx, Friedrich Engels, Vladimir Lenin, Idi Amin en Mao Tsedong die hele tyd reg is en die res van die planeet die ekonomiese kluts kwyt is. Die ANC/SAKP let nie mooi op nie – kommunisme en die diktatoriale proletariat se gootste Sowjet eksperiment was ʼn volslae mislukking, ʼn sosio-ekonomiese gatslag wat die bevolkings van daardie lande in armoede gedoop het. Selfs Sjina het sy weg uit sy Maoïstiese moeras oopgeveg om die grootste kapitalistiese ekonomie in die wêreld te word.
Deur middel van die SABC (die ANC se Pravda), prober Suid-Afrika se kommunistiese regering sy oningeligde bevolking wysmaak dat dinge in hierdie verwoeste en vernielde land gaan verander. Een of ander mirakel gaan uit die kosmos neerdaal om lewenstandaarde te laat styg, die 50% werkloosheidsyfer wonderbaarlik na 100% te verander, ANC politici te verhoed om die fiskus leeg te steel en nie meer R 17 000 per maand aan die laagsbesoldigde personeellede van staatsdepartemente te betaal nie. Volgens die ANC/SAKP is die tyd van wonderwerke waarlik op pad. Eskom gaan in ‘n susksesverhaal ontpop, SAA/SAL gaan weer winsgewend vlieg, die weermag gaan van die wapenskandaal herstel, die vloot se duikbote gaan weer duik. Skole gaan weer boeke kry, Zuma gaan die gesteelde Nkandla geld terugbetaal, Sarafina gaan sonder staatsgeld dans en die moordenaars van plaasboere gaan in ʼn hof veroordeel en gevonnis word. ʼn Ware feëverhaal.
Kindertjies wat in Suid-Afrika al in die rondte dans en saam met polities-naïewe blonde rugbykapteins idolatries “madiba-madiba” skree, moet twee keer dink waarvoor hulle so blindelings hande klap. Moses se êrens in die Bybel (of was dit Josua in hoofstuk ses?), dat ʼn volk ten gronde gaan as gevolg van ‘n gebrek aan kennis en insig. Soos ‘n padda in ‘n pot kokende water, braai Suid-Afrika se niksvermoedende bevolking stadig maar seker, saam en onder leiding van die ANC/SAKP, na ‘n sekere ekonomiese dood toe.
Wat my verbaas, is dat Suid-Afrikaners verbaas is en nie deur die ANC/SAKP se perdekuttels sien nie.
Lanklaas soveel wysheid in een dag tee gekom…
LikeLike