Design a site like this with WordPress.com
Spring weg

Waarom sê mense hoekom as hulle waarom bedoel?

Waarom sê mense hoekom, wanneer hulle waarom bedoel? Wanneer is waarom hoekom en waarom? Wanneer is hoekom hoekom en nie waarom nie?

Dit is ʼn nuwe taaltendens en vewar die blou rook uit my uit, waarom weet ek nie. Ek weet ook nie waarom mense in hierdie moderne era, nog hoekom gebruik nie en waarom dit nou juis nodig is nie. Met watter doel voor oë? Kan dit wees omdat hoekom ʼn draai is?

Ek weet waarom waarom waarom is, want dit is die as waarom die wiele draai. Daar is ʼn rede waarom mense na die waaroms van die lewe vra en na die waarom vra. Waarom is ʼn eksistensialistiese vraag en dit is waarom mense hom vra. Roger Whittaker se tydlose vraag of die laaste vraag wat enigiemand ooit sal vra, waarom is en Willem Wikkelspies se verknorsing of hy moet wees of nie wees nie, pas mooi by hierdie filosiese model in. Waarom weet ek nie. Ook nie hoekom nie.

Waarom raak ʼn blonde voormalige Springbokkaptein, wat ‘ekspert’ kommentaar doen vir die Wêreldbeker in Japan, die volgende sotheid kwyt? ‘Ons (bedoelende) Suid-Afrika moet min of meer die bal in die lug op skop, om ongeveer ʼn 50-50 situasie te skep met die hoop om dan die bal terug te wen.’ Waarom dan die bal in die eerste plek die lug in skop, sodat jy jou kanse om weer die bal in die hande te kry, met 50% kan verminder? Jy het mos honderd present balbesit, hoekom nou jou eie kanse befoeter om weer balbesit te kry? Waarom is dit jou wedstrydplan, hoekom hou jy net in die eerste plek die bal by jou nie? Dit is soos om in sokker die bal vir die ander span te ‘pass,’ sodat jy ʼn goeie tackle kan uitvoer om die bal terug te kry. Dan kan jy heel tevrede voel met jouself en jou eie kop klop.

Mens kan jouself net kopskuddend die vraag afvra; waarom, Jean, waarom?

Gepubliseer deur Henning van Aswegen

Henning van Aswegen lives in Gordon's Bay, a small coastal town East of Cape Town, South Africa. His books and stories can be found at Kraal publishers, South Africa, on Amazon/Kindle and Rabbit Trails publishers.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Hoekom nie? Want hulle sê “met dit” of “van dit” of “in dit” ipv hiermee, daarmee, daarvan of hierin. Waarom sal ek nie weet nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: