Design a site like this with WordPress.com
Spring weg

Aardverhitting laat my bloed kook

Is dit nou rȇrig nodig dat ʼn pedantiese sestienjarige meisietjie almal moet uitvreet oor ysberge wat smelt en aardverhitting? Ons het mos ore om te luister na wetenskaplikes wat ons waarsku dat ons (aardbewoners, homo sapiens), besig is om ghano aan te jaag. Een van die dae is die hele Karoo blykbaar onder water, as ons nie almal ons motors omruil vir driewiele nie.

Die Sweedse meisietjie, Greta Thunberg, het verlede jaar haar alie op die sypaadjie voor die Sweedse parlement neergeplak om protes aan te teken teen aardverhitting. Sy het intussen ʼn sosiale media-fenomeen geword en onlangs kind-alleen die VN se klimaatsverandering-konferensie in New York toegespreek. Alles goed en wel, ek was beïndruk met wat sy sȇ en sou in enige presidentsverkiesing vir haar gestem het. Maar toe begin sy en ander aktiviste die dam onder die eend uitruk deur mense uit te bollie en te beledig.

Kyk, daar is niks op aarde wat my meer senuweeagtig maak as ʼn emosionele tiener met ʼn groen agenda nie. Die meisietjie se woedeuitbarstings het my na my kykstokkie laat gryp om liewers rugby in Japan te kyk. Nà ʼn rukkie (dit was halftyd), het ek maar gedweë opgestaan en my herwinningsakkie by die agterdeur uitgesit. Maar ek het die tweede helfte glad nie geniet nie.

My linkeroog was die hele tyd op my WhatsApp om te sien of daardie woedende meisietjie nie vir my ʼn kwaai boodskap uit New York aanstuur nie. Ek weet ek is skuldig. Hier staan ʼn hele klomp leë bierbottels agter in my jaart wat nog nie asblik toe is nie en die volgende game begin al weer.

Gepubliseer deur Henning van Aswegen

Henning van Aswegen lives in Gordon's Bay, a small coastal town East of Cape Town, South Africa. His books and stories can be found at Kraal publishers, South Africa, on Amazon/Kindle and Rabbit Trails publishers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: