Verstrooidgeit
Ouderdom bekruip jou stilletjies uit alle rigtings, iets wat my nog teleurgestel het, maar nie verbaas nie. Dit gebeur met almal. Elke oggend vroeg kry Belinda tee en ontbyt in die bed, vrugte en hawermout met neute en goeters om dit lekker te maak. Ek en ʼn kombuis is nie juis vriende nie, ek het al ʼn paar met my manewales afgebrand. Terwyl ek Belinda se dag probeer beter maak, bederf ek dikwels my eie, veral as ek probeer koffie met twee suikers probeer maak. Die houertjie lyk bietjie snaaks in die half-donker en die suiker te fyn, maar ek gooi maar. En roer in die donker, hy maak so skuimpie wat al in die rondte dryf. Die koffie proe soos katzendrêk, ek hoes en proes dat die Avo skoon weghardloop en skuiliing soek.
Ek kon nog nooit mooi tussen suiker en sout onderskei nie… Ek moes nog helfte van my boerbeskuit ook weggooi. Verdomp. 😝😠☕️